Anne Frank

Anne Frank
Gebore
Annelies Marie Frank

12 Junie 1929
SterfVroeë Maart 1945
NasionaliteitDuits tot 1941
Staatloos vanaf 1941
Ouer(s)Otto Heinrich Frank (vader)
Margot Frank (moeder)
Handtekening

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Anne Frank (12 Junie 1929 – Maart 1945) was 'n Joodse meisie, gebore in Frankfurt am Main in Duitsland. Sy het postuum internasionale bekendheid verwerf met die publikasie van haar dagboek, waarin sy haar ervaringe tydens die Duitse besetting van Nederland tydens die Tweede Wêreldoorlog aangeteken het. Die boek is later tot ’n toneelstuk en rolprent verwerk.[1]

Anne het in 1933 saam met haar familie na Amsterdam verhuis, na die Nazi's se gesag in Duitsland versterk het. Met die Duitse besetting van Nederland, wat in 1940 begin, was hulle daar vasgevang: siende dat die vervolging van die Joodse bevolking toegeneem het, het die familie in Julie 1942 ondergronds gaan skuil in 'n weggesteekte kamer van 'n kantoorgebou van haar vader, Otto Frank. Na twee jaar is hulle, saam met ander mense wat geskuil het, verraai en weggevoer na 'n konsentrasiekamp. Anne Frank het sewe maande ná haar arrestasie aan tifus gesterf in die Bergen-Belsen-konsentrasiekamp in Nedersakse, slegs enkele dae ná die dood van haar suster, Margot Frank. Haar vader, die enigste oorlewende van die groep, het ná die oorlog na Amsterdam teruggekeer, waar hy ontdek het dat haar dagboek behoue gebly het. Sy pogings het in 1947 tot die publikasie daarvan gelei. Dit is uit die oorspronklike Nederlands deur Lina Spies vertaal en vir die eerste keer in 2007 in Afrikaans uitgegee as Die Agterhuis.[2]

Die dagboek, wat Anne op haar dertiende verjaarsdag ontvang het, beskryf haar lewensloop van 12 Junie 1942 tot 1 Augustus 1944. Dit is reeds in baie ander tale vertaal en is een van die wêreld se mees gelese boeke, asook die basis vir verskeie rolprente en toneelstukke. Die kwaliteit van Anne Frank se skryfwerk is ook erken en sy het deur die jare ontwikkel tot een van die bekendste en mees bespreekte slagoffers van die Joodse volksmoord.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Frank, A (vertaal deur Lina Spies). Die Agterhuis. Proteaboekhuis, 2000, ISBN 9781869191887

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy